Leef jou Reis met Gerrie Pretorius is jou gunsteling
Afrikaanse reisprogram asook kykNET se eerste volwaardige Internasionale
leefstyl program met die fokus op ander lande se Kultuur.
Gerrie verken en wys ons die unieke reisbestemmings wat
hom na aan die hart lê en hoe gemaak as jy dit ook wil besoek. Die
program is al bekend daarvoor dat hulle soms die ongewone doen en behoorlik onder 'n land en sy mense se kultuur inklim en gereeld die afdraai paaie vat,
veral as dit met die 4x4 iewers in Afrika is. Vanjaar wag daar weereens
'n klomp opwinding, van ongelooflike natuur tonele, Oberammergau, Bootreis na Kroasië & Turkye, Botswana en 'n heerlike Mosselbaai toer.